EPISODE 1

ROCK OF HOPE

Rock of Hope Logo Full Colour.png

Wie is Rock of Hope en hoekom het Lottoland die projek gekies?

Rock of Hope in Magalieskruin (Pretoria), is ‘n liefdadigheidsorganisasie wat ‘n veilige hawe bied aan weggooibabas en getraumatiseerde kleuters.

Die stigters van die organisasie, Wouter en Mientjie Prozesky sê dat dit ‘n roeping van God is om kinders te help en ‘n daadwerklike verskil te maak.

Rock of Hope help talle kinders wat uit haglike omstandighede kom. Dit bied ‘n veilige en liefdevolle, tydelike tuiste en dien ook as ‘n rehabilitasiesentrum vir jong kinders. Die kinders floreer onder die sorg van die Prozeskys, en word gehelp om in goeie, permanente huise geplaas te word waar gesinne hul harte oop maak vir so ‘n kindjie.

Wouter en Mientjie het tans ‘n vol huis en sorg vir 15 babas en kleuters. Kos, klere en liefde is die reg van elke kind, maar die nood is groot. Rock of Hope streef daarna om die lewens van nog baie kinders te help red en verryk, maar is afhanklik van hulp en befondsing vanuit die gemeenskap, sowel as donasies van sakelui en besighede. 

Die publiek word dus genooi om betrokke te raak, en ‘n daadwerklike verskil in die lewens van hierdie kwesbare kinders te maak.

Daar is ‘n belastingsvoordeel vir donateurs: Rock of Hope is geregistreer om op veroek, ‘n 18A belasting sertifikaat uit te reik. 

Hoe kan jy Rock of Hope help?

Dit kos baie om 30 klein mensies elke dag aan die lewe te hou. Rock of Hope het vir ons ‘n wenslys gestuur van wat hulle nodig het.

1) Donasies vir lopende maandelikse kostes wat +- R40 000.00 per maand beloop

2) Plafon waaier vir die baba kamer

3) Solar Batterye (2)

4) Dakvenster vir die kinder studeer kamer

5) Enige kos, vleis, baba benodighede of baba / kleuter klere

Donsie en Kontak besonderhede:

Banking Details:

Name: The Rock Place of Safety NPS

Bank: FNB

Branch Code: 210835

Bank Account Number: 62814768266

Reference: ROH and your Name

Address:
258 Willow Road, Magalieskruin, 0182 Pretoria

Email: wouter@therockpos.co.za

Facebook Bladsy

Ons kan nie doen wat ons doen as dit is vir die mense daar buite nie. Elke donasie al is dit hoe klein maak so ‘n groot verskil.

— MIENTJIE PROZESKY, ROCK OF HOPE