Lottoland wil ‘n verskil maak in
Suid Afrikaners se lewens!

Waaroor gaan Dankie Lottoland?

‘Die afgelope jaar het die mat onder meeste mense se voete uitgeruk. Ons moes gewoond raak aan ‘n nuwe manier van lewe en oorlewing, en vir menige is dit (steeds) ‘n tyd van swaarkry en sente omdraai’, sê Maryke Haywood, Bemarkingshoof van Lottoland Suid Afrika. ‘Ons het besluit om in te spring en ‘n verskil te maak deur die meeste van Lottoland se jaarlikse bemarkingsbegroting nie in korporatiewe advertensies te stoot nie, maar eerder te gebruik om Suid Afrikaners daadwerklik en prakties te help. Dit is hoe die TV-reeks Dankie, Lottoland gebore is.’

Die doel van Dankie, Lottoland is om hulpbehoewende indiwidue en liefdadigheidsorganisasies te identifiseer, sodat Lottoland Suid Afrika kan ingryp, moue oprol en hul ondersteun en bystaan. By wyse van hierdie gewilde televisiereeks verkry 13 liefdadigheidsorganisasies (of kwesbare indiwidue) ook die geleentheid tot nasionale blootstelling op televisie, met die oog daarop om in die toekoms verdere ondersteuning van die publiek te verwerf.

In hierdie reeks van 13 episodes word daar elke week op ‘n ander projek gefokus. Die nood is groot. Lottoland reik graag ‘n hand uit en bied op verskeie praktiese maniere hulp aan - van die aanlê van warm water, tot die verskaffing van kos en beddegoed, en die geleentheid om mense/iemand? weer te kan laat loop, plus nog baie meer.

In elke episodes kry ‘n bekende persoonlikheid (partykeer twee) die geleentheid om die liefdadigheidsorganisasie of projek wat hul die naaste aan die hart lê, te nomineer. Hul besoek die organisasie, vind uit wat broodnodig is en waarmee Lottoland kan help, en dan spring die span aan die werk.

In die eerste episode van die reeks besoek Dewald Wasserfall en Simoné Pretorius Rock of Hope, ‘n veilige hawe vir weggooibabas en getraumatiseerde kinders in Pretoria. Dit bied aan Lottoland die geleentheid om ‘n reuse verskil te maak nie net in dié organisasie se voortdurende bestaan nie, maar ook daadwerklik in die lewens van hulpbehoewende kindertjies. 

Ander bekendes wat later in die reeks by Dankie, Lottoland betrokke raak, is onder andere, Francois van Coke, Duane Vermeulen, Mimi Mahlasela en Therese Bam.

Dankie, Lottoland word Saterdae op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai om 18:00