EPISODE 7

Fratsongelukke - Karlien Roets

KARLIEN ROETS

Hoekom het Lottoland gekies om Karlien Roets te help?

Karlien Roets 5 jaar oud het 3 jaar gelede in Augustus 2018 ‘n traumatiese brein besering opgedoen na ‘n fratsongeluk by die huis waar ‘n lee kruidenierskas op haar geval het nadat sy "self baking cookie mix" in die kas wou bêre. Sy het swelling op haar brein gehad, haar skedel regs agter gekraak en haar linker wang been was gebreuk. Haar eerste tien dae van herstel was bo dokters se verwagtinge, sy kon praat, beweeg, sluk en sy kon ons haar ouers herken en sy het ge- glimlag. Haar glimlag nadat sy uit die "induced coma" gekom het sal ons nooit vergeet nie. Op die 11de dag het karlien ‘n toeval gehad en het ‘n aar in haar brein gebars.

Na talle brein operasies is Karlien na 9 weke in die PICU in die Netcare Clinton hospitaal in Alberton oorgeplaas na die Netcare rehabilitasie sentrum in Johannesburg. Ons was baie opgewonde oor haar pad by die rehab maar ongelukkig was dit van korte duur toe Karlien na amper 2 weke by die sentrum ophou asem haal het agv haar brein stent wat ‘n blokkasie gehad het agv infeksie in haar spinale vloeistof.

Karlien se toestand was daarna baie kritiek en het twee dae daarna in ‘n koma verval. Ons het bly hoop en bid en elke dag van vroeg tot laat by haar hospitaal bed gesit terwyl ons vir haar gelees het musiek gespeel het en haar voetjies gevryf het. Karlien het die eendag toe pappa haar groet haar kop na hom gedraai terwyl sy in ‘n diep koma was maar dit was bewys dat Karlien fight.

Sy was vir amper twee maande in ‘n koma en het met rukke haar bene geskop en het ook haar ogies begin beweeg. Op 16 Januarie 2019 kon ons Karlien huistoe bring na ‘n kamer wat na aan ‘n icu kamer ingerig is. Sy is op ‘n ventilator en moet weer vanself leer asem haal, sluk, eet, loop en praat. Die mediese fonds het net vir die eerste 3 maande se 24 uur versorging deur ‘n verpleegster betaal en daarna moes ons self begin fondse bymekaar maak dmv fondsinsamelinge om die enorme bedrag van R19500pm vir die verpleeg agentskap te kan betaal dis sonder haar maandelikse benodigde soos aanvullings, doeke, linen savers, oog drippels ens. wat ongeveer R3000 per maand is. Haar tuis terapie wat reflexologie, arbeidsterapie en fisio terapie insluit is tussen R8000 en R16000 pm afhangend van hoe gereeld die terapeute kom, op die stadium kom hul soos die fondse dit toe laat. Die terapie is so belangrik vir haar stimulasie, been digtheid en spiere asook muscle en brain memory.

Ons kan sien wanneer die terapeute nie kom nie soos bv in lockdown hoe negatief dit haar beïnvloed en dat die terapie regtig 'n verskil maak. Ons wil vir Karlien net die beste en meer gee en haar tot die beste van ons vermoens help op haar herstel pad sodat sy die mees normaalste lewe kan hê na die ongeluk. Sy is 'n klein vegtertjie en ons veg elke dag saam met haar solank as wat Karlien veg sal ons aanhou saam met haar.

Sy is nou al amper ses maande van suurstof af ons het in Desember 2020 begin om haar te "wean" van die addisionele suurstof af, sy kry nou en dan verkoue wat sy dan suurstof nodig het maar oor die algemeen doen sy goed sonder dit. Dit beteken een minder masjien wat dit baie makliker maak om haar te beweeg in en om die huis asook dokters besoeke het baie eenvoudiger geword. Sy maak meer geluidjies en ons is besig om haar nou te leer om 'n ander soort trachea te kry sodat ons haar geluidjies die heeltyd kan hoor wat ook meer gaan beteken vir haar spraak terapie en kano ns hierdie terapie ook insluit saam al haar ander terapie.

Waar daar lewe is is daar hoop en ons sal altyd Hoop he dat sy weer ons lewenslustige laggende Karlientjie gaan wees want sy het ons al soveel kere gewys hoe sterk sy is.

How can you get involved with Karlien Roets

If you / your business wants to get involve and sponsor Karlien Roets, please feel free to contact us.

Email: info@karlienroets.co.za

Contact Number: +27 74 963 8955

Website: www.karlienroets.co.za

Facebook


Banking Details:

Account Name: Karlien Roets Special Trust

Bank: FNB

Branch Code: 210243

Account Number: 628 1761 9531