EPISODE 13

Red ‘n Plaas

CARITAS-logo.jpg

Hoekom het Lottoland Red ‘n Plaas gekies as ‘n projek om te ondersteun.

Die droogte het ‘n geweldige impak in die Noord-Kaap en omliggende streke. Sommige areas het 9 jaar terug laas reën gehad en die emosionele en humaniêre nood groei daagliks en veroorsaak dat die boerderygemeenskappe intense ervarings van verlies en wanhoop beleef.

 In 2019 het die NG Kerk in Noordkaapland en Caritas Gemeenskapsfokus (die welsynsbeen van die NG Kerk in Noordkaapland) ‘n droogtehulpfonds in samewerking met ander rolspelers op die been gebring om ondersteuning te bied in hierdie droogtegeteisterde gebiede. Hier word hulp verleen deur middel van die organisering en verspreiding van humanitêre hulp wat insluit die voorsiening van huishoudelike onderhoud, brandstof, skool-, koshuis- en universiteitsgelde asook pastorale ondersteuning aan die gemeenskappe. 

 Die Studente Droogte Hulp Fonds – Noord Kaap (SDHF), Kerk Sonder Mure, Diaconia en Agri Noord-Kaap het ons hande gevat het om hoop te gee waar dit beskaam vir hierdie boere, hul werkers en gesinne.

Hoe kan jy betrokke raak by die Red ‘n Plaas Projek?


Kontak Besonderhede:

Esté van der Merwe

Bemarkingsbestuurder : Caritas Gemeenskapsfokus

Kontak nommer: 082 572 3900

e-pos: marketing@caritas.org.za

Bankbesonderhede:

NG Kerk in Noordkaapland
ABSA
Tjek
Rek no: 940580684
Takkode: 500902
Verwysing: Droogte + naam van donateur